Winter is die mees logiese tyd om dakdigting te doen, maar soos altyd wag ons tot daar ‘n probleem is, dus in die reรซnerige somerseisoen.
Kyk behoorlik na jou grootste bate en beskerm dit deur die volgende voorkomende onderhoud te doen:
Indien jy ‘n metaaldak het:

  • Vervang en verseรซl los of vermiste dakskroewe en wasters so dikwels as wat nodig is
  • Herverseรซl nate en oordekkings tussen die plate
  • Vervang alle geroeste dakplate
  • Verf gereeld

Indien jy ‘n teรซl- of leidak het:

  • Vervang gekraakte of vermiste teรซls en sit los teรซls vas
  • Sit gewelteรซls vas en vervang gekraakte of vermiste gewelsement.

Indien jy ‘n grasdak het:

  • Onthou dat grasdakke ‘n lewensduur van 10 tot 20 jaar het, afhangende van weerstoestande
  • Maak seker dit word elke 2 jaar gekam

Vir alle dakke:

  • Membraanvoegskortings verswak en gegalvaniseerde voegskortings raak los – gaan dit dus gereeld na en vervang indien nodig
  • Maak seker die plastiekonderlegsel van die dak is heel

Moet nie vergeet nie, ons het al u waterdigtingbenodighede in voorraad!

Translate ยป