AFLEWERINGSBELEID
BEVESTIGING VAN BESTELLINGS
Alle aanlyn bestellings word per e-pos bevestig.
AFLEWERING VAN BESTELLINGS
Die produkte wat op hierdie webwerf vertoon word, sal slegs binne die Republiek van Suid-Afrika afgelewer word, binne die gedefinieerde gebiede soos deur die Maatskappy bepaal.
Blits gebruik “The Courier Guy” as voorkeur koerier vir standaard gereelde aflewerings. Ongelukkig is oornag aflewering met aanlyn bestellings nie moontlik nie.
“The Courier Guy” sal aandag gee aan aflewering van jou www.blits.online aanlyn aankope. Die vragbrief-nommer sal aan u per e-pos gestuur word sodra u bestelling gereed is vir aflewering. U sal u bestelling op https://portal.thecourierguy.co.za kan spoor. Aflewering kan tot 7 werksdae neem na plasing van bestelling en betalings bevestiging ontvang is.
Blits lewer self betrokke bestellings af in Moot area. Aflewering kan tot 3 werksdae neem na plasing van bestelling en betalingsbevestiging ontvang is.
Vir dringende aflewering skakel 0123321818 of 0832262307 gedurende kantoorure op proses te bespoedig.
Vir aflewering buite Moot area, sal ‘n afleweringskostekwotasie aangevra moet word.
AFHAAL VAN BESTELLINGS
U sal bevestiging ontvang dat u produkte gereed is vir afhaal by Blits perseel te 34ste Laan 800, Villieria, Pretoria tussen ooreengekomende tye.
RISIKO EN EIENAARSKAP
By die aflewering van die produkte aan u, sal die risiko in en aan die produkte aan u oorgedra word, nieteenstaande dat eienaarskap in die produkte in die maatskappy gevestig kan bly.
Die bestelling sal afgelewer word by die afleweringsadres wat u in u bestelling spesifiseer. Maak asseblief seker dat u die korrekte afleweringsadres en kontakbesonderhede verskaf.
PRYSE EN BESKIKBAARHEID
Die produkte wat op hierdie webwerf vertoon word, is onderhewig aan beskikbaarheid en sal slegs binne die Republiek van Suid-Afrika gelewer word, binne die omskrewe gebiede soos deur die Maatskappy bepaal. Alle pryse wat op die webwerf vertoon word, is slegs geldig en effektief in die Republiek van Suid-Afrika. Die Maatskappy behou die reg voor om, sonder vooraf kennisgewing, pryse of spesifikasies op produkte en dienste wat op hierdie webwerf aangebied word, te staak of te verander sonder om enige aanspreeklikheid hoegenaamd aan te gaan.
Alhoewel ons alles in ons vermoë gedoen het om die produkte wat op die webwerf verskyn so akkuraat as moontlik te vertoon, kan daar variasies in die produk kleur en / of die verpakking wees, dus kan foto wat die produk verteenwoordig, wissel van die werklike produk wat gelewer word.
Afleweringskoste vir www.blits.online word outomaties deur The Courier Guy bepaal. Hul pryse en / of direkte kwotasies kan versoek word via https://portal.thecourierguy.co.za/shipments/new?quick_quote=true
Afleweringskoste vir www.blitspta.co.za is onderhewig aan en word aangepas volgens brandstof verhogings.
KANSELLASIES EN TERUGGEE
Daar is ‘n paar belangrike dinge om in gedagte te hou met betrekking tot die kansellasie van u bestelling of die terugstuur van die produkte wat u gekoop het.
Indien u ‘n bestelling wil kanselleer,
- moet dit telefonies gedoen word binne 48 uur nadat u die bestelling geplaas het om onnodige aanspreeklikheid van koerierkoste te vermy. Neem asseblief kennis van kantoorure wat van toepassing is.
- U kan die goedere binne 7 dae na aflewering om enige rede sonder boete terugbesorg, maar u sal aanspreeklik wees vir die koerierkoste om die goedere terug te gee.
• Beskadigde of gebrekkige goedere moet binne 24 uur na aflewering skriftelik aangemeld word. Die maatskappy sal reël met “The Courier Guy” om die goedere in te kom kry.
- Slegs goedere wat direk van ons gekoop is, kan teruggestuur word.
• Maak asseblief seker dat die goedere wat u terugstuur, herverpak word met alle elemente en in die oorspronklike verpakking daarvan.
- Terugbetaling sal geskied sodra produkte, in genoemde toestand, terugbesorg is aan Blits.
HOE KONTROLEER EK DIE STATUS VAN MY BESTELLING
Vir www.blits.online, kan ‘n epos deurgestuur na enquiries@blits.online of whatsapp na 0712707070 indien nog nie ‘n vragbrief-nommer verkry het nie. Andersens kan pakkie nagespoor word volgens betrokke nommer op https://portal.thecourierguy.co.za/track
Vir www.blitspta.co.za, kan ‘n epos deurgestuur word na info@blitspta.co.za of whatsapp na 0832262307 om navraag te doen wanneer gaan Blits aflewering doen.
BELANGRIKE Koerierdiens volledige bepalings en voorwaardes is beskikbaar op https://www.thecourierguy.co.za/terms-conditions/
Van The Courier Guy: “Lees asseblief ons terme en voorwaardes van vervoer baie versigtig. Neem kennis dat TCG se aanspreeklikheid uitgesluit word, sowel as dié van sy werknemers of agente vir verlies, skade en vertraging in sekere omstandighede. TCG se aanspreeklikheid is beperk tot verklaarde bedrae waar aanspreeklikheid aanvaar word. Streng tydsbeperkings geld waar kennisgewing van eise vereis word. Dit is jou plig om versekeringsdekking te kry om jou belange te beskerm.”