Inverter en Sonpaneel installasie
Nadat die inverter installasie gedoen is, moet die installeerder vir jou ‘n geldige COC uitreik. Die installeerder moet geregistreer wees by die Departement van Arbeid.
Die wet het onlangs verander, as jy ’n inverter en sonpanele het moet ‘n 3 fase elektrisiën die COC afteken. Indien jy net ‘n inverter geinstalleer het, kan ’n Enkel fase elektrisiën die COC afteken.
Dit word aanbeveel dat jy die Inverters te diens en in stand te hou, asook die sonpanele skoonmaak om langtermyn werksverrigting te verseker, ten minste eenkeer per jaar. Verbindings moet gereeld nagegaan word op die Inverter en battery om warm verbinding te verhoed wat kan veroorsaak dat die Inverter foutief raak of battery ‘fuses’ kan blaas. Sonpanele kan vol stof word en nie doeltreffend werk nie. Gaan verbindingsprobleme na op kabels tussen panele om te verhoed dat dit ‘n kortsluiting veroorsaak en die paneel beskadig.
Ons sal jou skakel indien die installasie deur ons gedoen was.
Skakel ons gerus vir instandhouding op 012 332 1818 indien die installasie nie deur Blits gedoen was nie.
NB: Onthou om die omliggende bome te snoei en in stand te hou vir optimale sonkrag.
Sien Sunsynk se waarborg aangeheg:
https://www.sunsynk.org/warranty