Hervul van Gas

Blits hervul LPG gas silinders. Blits weeg eers gas silinder, dus betaal slegs vir hervulde gas. Blits ruil ook 9kg, 12kg, 19kg en 48kg’s om. Gas deposito’s beskikbaar.

8 + 1 =

Ander Dienste

Blits Elektrisiëns, dienste en Hardeware bied uitstekende raad, vriendelike diens en kwaliteit produkte teen sakpaspryse.

Elektries

Elektriese instandhouding, Sertifikaat van nakoming. Elektriese kontrakteurs en vele meer. Blits se werk is van die hoogste kwaliteit en is gewaarborg. Skakel ons vandag nog vir meer as 50 jaar se ondervinding en bekwaamheid.

Meng van Verf

Ons hou Excelsior kwaliteitsverf aan. Excelsior is sedert 1950 in die mark. Kwaliteit en waarborg vergelyk goed met naam verwe maar is teen fraksie van die prys beskikbaar.  Blits kan oor die 3000 kleure meng. Besoek gerus Blits vir 'n kwotasie.

GERINGE FIETS HERSTELWERK

Geringe herstelwerk aan fietse soos bv band-, rem- en kettingherstelwerk.

AFLEWERING PER VRAG

Bou materiaal aflewering per kubieke meter soos per kwotasie. Neem ongeveer 3 dae vanaf dag van bestelling tot en met aflewering.

VERLENGKOORD OPMAAK

Maak van verlengkoord volgens klant se spesifikasies.

BEDLAMPIE HERSTEL

Bedlampie herstel soos vervanging van draad, skakelaar en/of lamphouer

SPESIAAL BESTELDE ITEMS

Deposito op spesiaal bestelde items nie deel van Blits se normale voorraadhouding nie.

Gas Hervul

By Blits weeg ons eers jou gas silinder alvorens ons dit hervul – jy betaal dus slegs vir die hoeveelheid gas wat ons in sit. Met aflewering van omruil silinders, ruil ons gratis wassers indien nodig.

Sny van Sleutels

Blits hou ‘n wye reeks sleutels aan vir huise en kan sleutels sny vir meeste hangslotte sowel as veiligheidshekke. 
* Blits sny nie motorsleutels nie

KUNSKLASSE EN DDJ PROJEKTE

Teken aan en bly op hoogte van werkswinkel datums soos bv vloeiverf en deursigtige gietwerk sowel as hoe om geringe herstelwerk op die regte manier te doen en vele meer.

GESKENKBEWYSE

Geskenkbewyse beskikbaar vir spesiale dae soos Moedersdag, Vadersdag, Basedag, Sekretaressedag, verjaarsdae en vele meer.

AFLEWERINGSKOSTE

Ons verskaf aflewerings dienste ann ons kliente. Afleweringskoste verskil van area tot area.

HERSTEL VAN KRAGGEREEDSKAP

Blits kan kraggereedskap instuur vir kwotasie en herstel. 'n Kwotasiefooi kan van toepassing wees en kan tot 3 dae neem tot en met terugvoering verkry.

Translate »