Hou jou huis agtermekaar en onderhoudskostes laag met die volgende wenke
Elke maand:

  • Gaan al jou geute na en verwyder blokkerings
  • Gaan al jou vensters en mure vir krake na en, indien nodig, herstel dit
  • Gaan jou waterrekenings na. Indien dit hoër as normaalweg is, kan dit beteken dat daar êrens ‘n gebarste pyp of lekkasies is
  • Doen minstens twee keer per maand ‘n terugspoeling met jou swembadfilter
  • Gaan mure na om vas te stel of die verf afskilfer of lugblasies vorm; dit kan ‘n teken van klammigheid in die muur wees.

Elke jaar:

  • Maak seker geen vuilwaterpype of krane lek nie, want dit kan ‘n uitwerking op die struktuur van die huis hê
  • Maak seker dat al die toevoerpype na baddens, wasbakke en toilette behoorlik verseël en waterdig  is
  • Gaan alle pype vir tekens van roes of slytasie na
  • Gaan jou geiser na, insluitende die kleppe en termostaat

Hoe om jou swembad uit diep waters te hou:

  • Gaan die binnevoering van die swembad vir krake of lugblasies na
  • Filtreer die swembad minstens 4 ure lank per dag in die winter en 8 ure per dag in die somer
  • Vervang die sand in die filter minstens een keer per jaar

In wind of weer – onthou:

  • Om die gevaar van klammigheid en insakking te verminder maak seker reënwater vloei weg van die huis af
  • Maak seker die elektriese bedrading en die verdeelbord word elke 2 jaar deur ‘n gekwalifiseerde  elektrisiën nagegaan om te verseker dat alles nog in orde is
  • Indien jy enige verbouings doen, laat ‘n gekwalifiseerde elektrisiën al die bedrading nagaan

 

Onthou ons het gekwalifiseerde bekwame en betroubare elektrisiëns in diens!

Translate »